NAMPO-TERREIN · BOTHAVILLE
Die Muur van Herinnering is opgerig as 'n laaste eerbetoon aan alle kommersiële landbouers en hul gesinslede wat sedert 31 Mei 1961 in die Republiek van Suid-Afrika vermoor is.
DIE BETEKENIS VAN DIE MONUMENT
Die nege klipstrukture stel die nege provinsies van die Republiek van Suid-Afrika voor. Die name van vermoorde kommersiële landbouers sedert 31 Mei 1961 word daarop aangebring.
Die ysterklip simboliseer die verbintenis van die landbouer met die harde werklikheid van die natuur waaraan die boer elke dag blootgestel word.
Die drie suile stel die gesin voor: man, vrou en kind. Die horisontale verbindings dui op 'n hegte gesinsverband en onderlinge ondersteuning in goeie sowel as moeilike tye.
Die plasing en houding van die beeld simboliseer dat die landbouer ten spyte van swaarkry en smart steeds positief die toekoms tegemoet stap.
JOS. 4:6
Dit moet onder julle as teken dien wanneer julle kinders vra:
GEE ONS KRAG VIR DIE TOEKOMS
Die Muur van Herinnering is opgerig deur die Hennenman Boerevereniging. Die drie regop suile stel die man, vrou en kind voor wat baie keer saam in 'n plaasaanval vermoor word. Die suile is 14 m, 10 m en 5 m hoog. Links is vier gedenkmure en regs vyf wat elke provinsie verteenwoordig.
Die mure is uit ysterklip gebou en bevat swart granietpanele waarop die name van slagoffers aangebring word. Op die voorgrond is die geskiedenisnaald waarop landbouverenigings en besighede wat 'n betekenisvolle skenking maak se name gegraveer word.
ONTHUL: 07/03/2002 · DEUR: Mnr. Japie Grobler, President Agri SA · ARGITEK: Freek du Plessis · BOUER: Le Roux Bouers · BEELDHOUER: Phil Minnaar · TERREIN: Nampopark, Bothaville.
MUUR VAN HERINNERING OPDATERINGS
Besoekers aan Nampo Park word aangemoedig om die gedenkmuur te besoek en seker te maak dat die name en besonderhede van slagoffers korrek is. U kan die naamlys ook aanlyn nagaan of 'n nuwe naam vir oorweging indien.
BORGE & DONASIES
Enige donasie sal hoogs waardeer word.
MAAK 'N DONASIEHennenman DLU · Steynsrus DLU · Odendaalsrus Boerevereniging · Bothaville Nampo · New Castle Boere en Wolkwekers Vereniging · Vetrivier Spesialis Boerevereniging · Theunissen Boerevereniging · Kaallaagte Boerevereniging · Cederville / Mvenyane Boerevereniging · Waterbron Boerevereniging · Kroonstad Afrikaner Beesklub · Malmesbury Landbou Vereniging
Ivan Basson, Die Boer se Vriend · New Holland SA · Prima Lewende Hawe · OXH Boeredienste · Thuso Meule · Omnia Kunsmis Beperk · Senwesko Veevoere · GIP Commodities · Tiger Milling Industrial Division · NFS Bande Hennenman · FNB Hennenman · Greenpac CC · Wylies Dairy · Marble & Granite Designs · Agri Securitas Trustfonds · Le Roux Bouers · Makenda Sales · Parys Grafstene · Nampo · German Agri Services · Senwes · Montegreen Trading · Primêre Skool Hennenman · N. J. van Zyl Boerdery
HENNENMAN BOEREVERENIGING
E-pos: az.oc.ruum@droom
Hennenman Boerevereniging
Muur van Herinnering
Posbus 2, Hennenman, 9445
Organiseerder: Riana Claassens
082 427 0822 · moc.liamg@16canair