MUUR VAN HERINNERING

Die Muur van Herinnering is opgerig as 'n laaste eerbetoon aan alle kommersiële Landbouers en hul gesinslede wat sedert 31 Mei 1961 in die Republiek van Suid-Afrika vermoor is.

Simboliek

Die nege klip strukture stel die nege Provinsies voor van die Republiek van Suid-Afrika waarop die name van die vermoorde Kommersiële landbouers aangebring word, sedert 31 Mei 1961.

Die Ysterklip simboliseer die verbintenis van die landbouer met die harde werklikheid van die natuur waaraan die boer elke dag blootgestel word.

Die drie suile stel die gesin (man, vrou en kind) voor. Die horisontale verbindings dui op 'n hegte gesinsverband en onderlinge ondersteuning in goeie, sowel as moeilike tye.

Die plasing asook houding van die beeld simboliseer dat die landbouer ten spyte van swaarkry en smart steeds positief die toekoms tegemoet stap.

Jos. 4:6

Dit moet onder julle as teken dien wanneer julle kinders vra:

Wat beteken hierdie klippe vir U?

GEE ONS KRAG VIR DIE TOEKOMS

ONTHUL: 07/03/2002
DEUR: Mr. JAPIE GROBLER (President AGRI S.A.)
OPGRIG: HENNENMAN DISTRIK LANDBOU UNIE.
ARGITEK: Mnr. FREEK du PLESSIS
BOUER: LE ROUX BOUERS KLERKSDORP
BEELDHOUER: Mnr. PHIL MINNAAR.(Pretoria)
VERFWERK: MARBLE & GRANITE DESIGNS.(Hennenman)
TERREIN: NAMPOPARK BOTHAVILLE.
YSTERKLIP: Mnr. THEO FERREIRA.(Hennenman)

'n Monument ter nagedagtenis aan die boere, familie en werkers wat in plaasaanvalle dood is.

Nampo-terrein buite Bothaville

Die Muur van Herinnering is opgerig deur die Hennenman Boerevereniging. Die 3 regop suile stel die Man, Vrou en Kind voor wat baie keer saam in 'n plaasaanval vermoor word. Die 3 suile is 14 m, 10m, en 5m hoog. Die verbinding dui op 'n hegte gesins verband wat baie in die landbou bestaan. Links is 4 gedenk mure en regs 5 wat elke provinsie verteenwoordig.

Die mure is uit ysterklip gebou wat op die verbintenis van die boer met die natuur weerspiel, gehard en uit die grond uit. In die mure is 'n swart graniet paneel waarop al die vermoordes se name aangebring word, op die voorgrond is die geskiedenis naald waarop Landbouverenigings en Besighede wat 'n redelike bedrag skenk se name op gegrafeer word.

Die Standbeeld is ontwerp deur Phil Minnar, 'n bekende beeldhouer van Pretoria

BORGE & DONASIES

Enige donasie sal hoogs waardeer word!

MAAK 'N DONASIE

BOEREVERENIGING BORGE

  • HENNENMAN DLU.
  • STEYNSRUS DLU.
  • ODENDAALSRUS BOEREVERENIGING.
  • BOTHAVILLE NAMPO.
  • NEW CASTLE BOERE EN WOLKWEKERS VERENIGING.
  • VETRIVIER SPESIALIS BOEREVERENIGING.
  • THEUNISSEN BOEREVERENIGING.
  • KAALLAAGTE BOEREVERENIGING.
  • CEDERVILLE / MVENYANE BOEREVERENIGING.
  • WATERBRON BOEREVERENIGING.
  • KROONSTAD AFRIKANER BEESKLUB.
  • MALMESBURY LANDBOU VERENIGING.

BESIGHEIDS
BORGE

  • IVAN BASSON, DIE BOER SE VRIEND
  • NEW HOLLAND SA
  • PRIMA LEWENDE HAWE
  • OXH BOEREDIENSTE
  • THUSO MEULE
  • OMNIA KUNSMIS BEPERK
  • SENWESKO VEEVOERE
  • GIP COMMODITIES
  • TIGER MILLING INDUSTRIAL DIVISION
  • NFS BANDE HENNENMAN
  • FNB HENNENMAN
  • GREENPAC CC
  • WYLIES DAIRY
  • MARBLE & GRANITE DESIGNS (Pty) Ltd.
  • AGRI SECURITAS TRUSTFONDS
  • LE ROUX BOUERS
  • MAKENDA SALES (Pty) Ltd.
  • PARYS GRAFSTENE
  • NAMPO
  • GERMAN AGRI SERVICES ( M. WEIGELT)
  • SENWES
  • MONTEGREEN TRADING
  • Primêre SKOOL HENNENMAN
  • N. J. van Zyl Boerdery

Julle maak my TROTS om n BOER te wees. DANKIE laat julle die monument opgerig het. Ons sal hulle onthou. En ons sal hulle nie vergeet nie. 100% boer vir ewig.

Alexander van Heerden

Dit is a groot plesier.  Ek hou julle ook op datum, alhowel my gebede is dat ons nooit weer 'n plaasmoord in KZN sal sien nie!!

Ethel von Abo

Hennenman

BOEREVERENIGING

Kontakbesonderhede

E-Pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hennenman Boerevereniging
Muur van Herinnering
Posbus 2
Hennenman
9445

Organiseerder:
Riana Claasens, 082 427 0822
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.