Wat's nuut...

Van vandag af word die e-pos adres moordmuur@gmail.com gebruik 
en vervang die vorige adresse.

Die volgende berig het verskyn in die 
GraanSA tydskrif van April 2007

Muur van Herinnering opgedateer

Die Hennenman Boerevereniging is tans in die proses om die name van die slagoffers van plaasaanvalle op te dateer sodat die name permanent op die 
Muur van Herinnering op NAMPO Park gegraveer kan word. Die boerevereniging het reeds in 1998 die inisiatief van stapel gestuur om so 'n herdenkmuur op te rig wat ten doel het om 'n versamelpunt vir name van slagoffers van plaasaanvalle te wees.

Dateer inligting so op...

Die lyste met name van diegene wat in plaasaanvalle oorlede is, is beskikbaar op die Muur van Herinnering se webwerf by www.muur.co.za. Besoekers aan die Oesdag kan ook 'n draai by die gedenkmuur maak om seker te maak dat diegene waarvan hulle weet wat slagoffers van 'n plaasaanval was, se besonderhede wel op die lyste aangebring en korrek is.
Inligting kan per e-pos gestuur word na moordmuur@gmail.com of per faks na 086 594 3148. Jy kan ook inligting per pos stuur na:

Hennenman Boerevereniging
Muur van Herinnering
Posbus 2
Hennenman
9445

Of skakel Dion Haasbroek by 083 256 2505


Wat word benodig?

Die oorledene se voorletters en van, ouderdom, jaar waarin die persoon oorlede is, geslag, distrik en provinsie waar die aanval was.

 

Hennenman Boerevereniging
Muur van Herinnering

Posbus 2
Hennenman
9445